Die nege lewens van Mevrou...
Die fantastiese, aweregse Mevrou Smit met haar vlymskerp tong is terug in ’n heerlike nuwe lekkerlees-spanningsverhaal! Terwyl die dorpie Aronspoort gereed maak vir ’n groot bruilof, ontaard die heuglike troudag in absolute pandemonium wanneer die bruidegom se eksvrou morsdood in ’n kerkbank neerslaan. Was dit moord? Met ’n geheimsinnige moordenaar op vrye voete en ’n reeks vreemde boewerye wat die inwoners teister, moet hierdie hardekwas vrou vinnig speurder speel. Wie of wat skuil agter al hierdie boosheid, en wat het dit met Mevrou Smit se eie donker verlede te doen?
Author: Elizabeth Wasserman

- New


